Template:Appeal/Adrianne/af: Difference between revisions

From Donate
Jump to navigation Jump to search
Seddon (WMF) (talk | contribs)
Created page with "{{Template:2011FR/quote |As 'n kind, het ek 'n duur tydverdryf gehad. Boeke. Ek het enige boek gelees wat my ouers vir my gekoop het -- en dan vir nog een gesmeek. So toe besl..."
 
m Pcoombe moved page Template:2011FR/Appeal-adrianne/text/af to Template:Appeal/Adrianne/af: new location for appeals
 
(No difference)

Latest revision as of 20:17, 28 February 2019

As 'n kind, het ek 'n duur tydverdryf gehad. Boeke. Ek het enige boek gelees wat my ouers vir my gekoop het -- en dan vir nog een gesmeek. So toe besluit hulle om hul bankrekening te spaar deur vir my Jane Eyre te koop.

Adrianne Wadewitz

Daai dik roman het my verewig gevat om klaar te maak, maar ek was verlief. In my vyfde graad, het ons die taak gekry om ons klasmaats te leer oor enige vak van ons keuse. Ek het hulle geleer van negentiende eeuse literatuur.

Vandag, soos julle kan raai, is ek 'n Engels professor. Ek dra ook by tot Wikipedia, deur artikels te redigeer oor skrywers soos Mary Shelley, die skrywer van Frankenstein, en Jane Austen, wat Pride and Prejudice geskryf het.

Wanneer ek dink aan my werk op Wikipedia, dink ek nie aan myself as iemand wat inligting bydra nie; ek dink aan myself as 'n onderwyser. Deur Wikipedia, bereik ek mense ver weg van enige klaskamer. Slegs die afgelope maand, was wikipedia se artikel oor Jane Austen meer as 115000 keer bekyk.

By my universiteit, het ek toegang tot baie kwaliteit bronne. Maar meeste mense het nie toegang tot hierdie bronne nie; hulle is versteek agter 'n geldmuur. Deur Wikipedia te redigeer, kan ek help om hierdie ongeregtigheid reg te maak.

Ek is lief vir studeer. Ek was nog altyd. Dis hoekom ek so sterk daarin glo dat dit beskikbaar moet wees vir almal.

Stem jy saam? Indien so, sluit by my aan ter ondersteuning van Wikipedia.