Algemene vrae

From Donate
Revision as of 16:37, 2 December 2021 by TGorski2 (WMF) (talk | contribs) (Created page with "{{Support Page|title = Algemene vrae|smalltoc = yes}} Hierdie bladsy bevat '''algemene vrae''' oor die Wikimedia Foundation. Ander vrae word aangespreek by Antwoorde. As jy nie jou vraag hier of daar beantwoord kry nie, [https://wikimediafoundation.org/ro/about/contact/ kontak ons] gerus. == Wat is Wikipedia? == [https://www.wikipedia.org Wikipedia] is ’n aanlynversameling van kennis. Vrywilligerredigeerders van regoor die wêreld skryf Wikipedia. Dit...")
(diff) ← Older revision | Latest revision (diff) | Newer revision → (diff)
Jump to navigation Jump to search

Algemene vrae

Hierdie bladsy bevat algemene vrae oor die Wikimedia Foundation. Ander vrae word aangespreek by Antwoorde. As jy nie jou vraag hier of daar beantwoord kry nie, kontak ons gerus.

Wat is Wikipedia?

Wikipedia is ’n aanlynversameling van kennis. Vrywilligerredigeerders van regoor die wêreld skryf Wikipedia. Dit is ’n samewerkende skepping wat in 2001 geskep is: Enigiemand kan dit enige tyd wysig. Redigeerders werk saam om feitlik oor enige onderwerp te skryf, van antieke geskiedenis tot wetenskap tot die kunste. Wikipedia is beskikbaar in honderde tale en het meer as 45 miljoen artikels. Wikipedia is heeltemal niewinsgewend, onafhanklik en word deur alledaagse mense soos jy onderhou. Jy benodig nie goedkeuring of spesiale kwalifikasies om te wysig nie.

Hoe bly Wikipedia betroubaar en neutraal?

Wikipedia se vrywillige redigeerders verwys na betroubare publikasies wat feite ondersteun wat Wikipedia bevat, sodat lesers die feite by die bron kan verifieer. Inhoud moet vanuit ’n neutrale oogpunt geskryf word om op Wikipedia te bly, en dit moet toegeskryf word aan bronne wat betroubaar is. Redigeerders gebruik ook meganismes soos robotte en kontroleringsnutsmiddels om gereeld wysigings na te gaan wat by Wikipedia gemaak is. Deur hierdie pogings, bly Wikipedia betroubaar en neutraal. Wikipedia is gebaseer op ’n oop model, waar die inhoud oor tyd konstant ontwikkel, groei en verbeter. Jy kan ook die besprekings oor veranderinge volg. Ongelukkig ontstaan vandalisme van Wikipedia-artikels gereeld. Die oorgrote meerderheid van die redigeerders dra egter te goeder trou by. Die meeste vandalisme op die webwerf word vinnig verwyder, dikwels binne sekondes.

Wat is die Wikimedia Foundation?

Die Wikimedia Foundation is die niewinsgewende organisasie wat Wikipedia ondersteun, die ander gratis Wikimedia-kenniswebwerwe, en sy missie van gratis kennis vir almal. Ons doen dit deur die Wikimedia-webwerwe vinnig, veilig en vir almal beskikbaar te hou, Wikipedia en ons vrywillige redigeerders teen regsbedreigings te verdedig, nuwe kenmerke en nutsgoed te bou om dit maklik te maak om kennis van Wikimedia-webwerwe te lees, te redigeer en te deel, en deur die gemeenskappe van redigeerders te ondersteun wat bydra tot Wikipedia en die Wikimedia-webwerwe. Ons help ook om nuwe kennis aanlyn te bring, hindernisse tot toegang te verlaag en maak dit makliker vir almal om te deel wat hulle weet.

Die Wikimedia Foundation is ’n 501(c)(3)-belastingvrye niewinsgewende organisasie met kantore in San Francisco, Kalifornië, VSA.

Wat is die ander Wikimedia se gratis kennisprojekte wat u ondersteun?

Bykomend tot Wikipedia, ondersteun die Wikimedia Foundation ’n aantal gratis kennisprojekte, insluitend:

  • Wikimedia Commons – ’n gratis gelisensieerde bewaarplek van foto’s video en medialêers
  • Wiktionary – ’n gratis, veeltalige woordeboek
  • Wikiquote – ’n hulpbron van aanhalings van noemenswaardige mense en kreatiewe werke
  • Wikibooks – ’n versameling van boeke wat geannoteerde teks, handleidings, handboeke en meer insluit
  • Wikisource – ’n versameling van primêre bronmateriaal, asook vertalings van bronuitgawes
  • Wikispecies – ’n spesiegids, wat Animalia, Plantae, Fungi, Bakterieë, Archaea, Protista en ander vorms van lewe dek
  • Wikinews – ’n samewerkende nuushulpbron, waar enigiemand verslae oor gebeure regoor die wêreld kan bydra
  • Wikiversity – ’n opvoedkundige bewaarplek gewy aan leerhulpbronne, leerprojekte en navorsing vir gebruik op alle vlakke van opvoeding
  • Wikidata – ’n samewerkende, veeltalige gestruktureerde databasis wat inligting aandryf wat regoor Wikimedia-projekte gebruik word
  • Wikivoyage – ’n reisinligtingsgids vir plekke regoor die wêreld
  • MediaWiki – die oopbronsagteware agter alle Wikimedia-webwerwe

Is Wikipedia, of die Wikimedia Foundation, geaffilieer met WikiLeaks?

Wikipedia en die Wikimedia Foundation het geen affiliasie met WikiLeaks nie. Alhoewel beide die term “wiki” in hul naam gebruik, was hulle nog altyd heeltemal aparte en nie-geaffilieerde projekte.

Hoe word die Wikimedia Foundation befonds?

Die Wikimedia Foundation word befonds deur middel van donasies van miljoene individue regoor die wêreld. Die gemiddelde donasie is ongeveer $15 USD, en ons is dankbaar dat so baie mense waarde in Wikipedia vind en die toekoms daarvan wil volhou. Ons ontvang ook donasies deur institusionele toelae en geskenke (sien asseblief ons weldoenerbladsy vir meer inligting).

Die Wikimedia Foundation het 501(c)(3)-belasting vrygestelde status in die Verenigde State van Amerika. Donasies wat van ander nasies gemaak word, kan ook belastingaftrekbaar wees (sien belastingaftrekbaarheid vir meer besonderhede). Sien Maniere om te gee vir besonderhede oor hoe om ’n donasie via krediet- of debietkaart, PayPal, Amazon en verskeie ander metodes te maak. Indien u enige vrae het, stuur asseblief ‘n e-pos aan donate@wikimedia.org.[1]

Hoekom moet ek skenk en waarheen gaan my geld?

Oor die afgelope 20 jaar het Wikipedia ’n betroubare bron van inligting geword waarop miljoene mense elke dag staatmaak. Met meer as 6 700 bladsykyke elke sekonde en meer as 350 wysigings per minuut, is Wikipedia een van die top 10 webwerwe ter wêreld, en die enigste groot webwerf wat deur ’n niewinsgewende organisasie, die Wikimedia Foundation, bestuur word.

Anders as ander topwebwerwe, word Wikipedia nie deur advertensies befonds nie, en maak ook nie staat op die verkoop van data oor gebruikers vir wins nie. In plaas daarvan word Wikipedia deur sy lesers ondersteun – mense wat waarde in Wikipedia vind en wil voortgaan om die sukses daarvan te ondersteun, met die gemiddelde skenking van sowat $15 USD. Hierdie finansiële model stel Wikipedia in staat om neutraal, betroubaar en vry van kommersiële belange te bly.

Hier is net ’n paar van die maniere hoe ons donasies gebruik om Wikipedia en gratis kennis te onderhou:

  • Voorsiening van uitnemende tegniese infrastruktuur vir ’n globale webwerf – Om aan die behoeftes van Wikipedia-lesers regoor die wêreld te voorsien, bedryf ons ’n internasionale tegnologie-infrastruktuur wat vergelykbaar is met die wêreld se grootste kommersiële webwerwe. Dit sluit gasheerkostes in soos om ons servers aan die gang te hou, sowel as aansienlike, deurlopende ingenieurswerk om seker te maak dat Wikipedia betroubaar en veilig is, vinnig laai en jou privaatheid beskerm.
  • Verseker dat jou toegang tot Wikipedia in elke taal op elke toestel kan kry – Donasies stel ons ook in staat om ingenieurshulpbronne toe te wy om te verseker dat jy toegang tot Wikipedia kan kry in jou voorkeurtaal, op jou voorkeurtoestel, ongeag waar jy in die wêreld is – van ’n inbelmodem tot ‘n splinternuwe slimfoon. Die meeste groot webwerwe ondersteun gemiddeld 50-100 tale – Wikipedia ondersteun ongeveer 300 tale, ‘n getal wat elke jaar groei. As jy dit afbreek, het ons ongeveer een werknemer vir elke vier miljoen maandelikse lesers van Wikipedia.
  • Ondersteuning van gemeenskapsgeleide projekte om toegang tot betroubare inligting te verhoog – Ons werk saam met Wikipedia-vrywilligers regoor die wêreld om hul idees te ondersteun en hulle te help om meer gratis kennis na die wêreld te bring. Elke jaar word ongeveer 10% van ons begroting spesifiek gewy aan die ondersteuning van gemeenskapsprojekte wat kennis op Wikipedia verryk, groei en verbeter.
  • Verdediging en beskerming van vrye kennis regoor die wêreld – Die Wikimedia Foundation se beleid en wetlike pogings help om te verseker dat almal die reg het om toegang te verkry, kennis te deel en te skep, terwyl ons ons vrywilligers teen dreigemente van vergelding verdedig, en ons verbintenis tot vrye uitdrukking en openlike kennis handhaaf. Ons bepleit gratis lisensies en oopbronsagteware en werk om seker te maak dat kopieregwette gebou en hervorm word sodat mense kennis wyer kan deel en gebruik. Ons veg ook teen sensuur en beskerm die reg van almal om vrylik te praat en te leer. Ondersteuning vir hierdie werk is noodsaaklik om gebruikers oral gelyke toegang tot Wikimedia-projekte te gee.

Wikipedia se fondsinsamelingsversoeke lyk dringend, ten spyte van die Wikimedia Foundation se aansienlike reserwe. Waarom benodig jy bykomende fondse?

Ons is bevoorreg om ’n reserwe te hê. Dit is nie fondse wat ons op ’n dag-tot-dag-basis gebruik nie; dit kan slegs in buitengewone omstandighede, soos ’n ekonomiese krisis, verkry word. Wikipedia en sy projekte is kritieke hulpbronne waarop die wêreld daagliks staatmaak. Ons reserwefondse is bedoel om te verseker dat ons volhoubaar kan bly selfs al sou die ergste gebeurlikheid plaasvind. Ons bedryfsbegroting en jaarplan word ontwikkel deur ’n oop, deursigtige proses, onderhewig aan terugvoer van Wikipedia-vrywilligers en goedkeuring van die Raad. Die besonderhede van ons begroting en plan is altyd beskikbaar vir die publiek vir verdere hersiening.

Personeelvergoeding is deel van jou bedryfskoste. Kan jy verduidelik hoe dit bepaal word?

Meer as 400 mense werk altesaam aan ingenieurswese en produk by die Wikimedia Foundation, en hanteer tegnologie-infrastruktuur vir meer as 20 miljard maandelikse bladsykyke. In vergelyking met die meeste groot webwerwe, doen ons baie met ’n bietjie. Daarbenewens werk ongeveer 100 personeellede aan ons gemeenskapsondersteuning en toekennings; vennootskappe met globale organisasies om kennis meer vrylik beskikbaar te maak; en regs- en beleidswerk wat help om vir kopiereghervorming te bepleit, sensuur te voorkom en vrye uitdrukking te handhaaf, en te verseker dat privaatheid en sekuriteitsbeleide in lande oral ons lesers en redakteurs beskerm.

Ons weet dat salarisse regoor die wêreld verskil en ons huur in baie mededingende markte. Terselfdertyd is ons ’n niewinsgewende organisasie. Sodanig, wend ons ’n poging aan om regverdig te wees, deur aan te pas vir inflasie en inkomste-ongelykheid, terwyl ons billike vergoeding aan almal verskaf.

Hoe kan ek skenk?

Daar is verskeie maniere waarop jy aan die Wikimedia Foundation kan skenk om Wikipedia en gratis kennis te ondersteun. Die algemeenste is die gebruik van enige groot krediet- of debietkaart (VISA, Mastercard, Discover of American Express), met PayPal, via bankoorplasing en via Amazon. Vir ander maniere om by te dra, insluitend deur ’n outomatieise maandelikse geskenk, tjek of poswissel en betaalstaat, besoek asseblief ons Maniere om te gee-bladsy. Baie geldeenhede word aanvaar.

Wat is jou skenkerprivaatheidsbeleid?

Ons is daartoe verbind om die privaatheidsregte van ons ondersteuners te beskerm en sal nooit jou niepublieke persoonlike inligting verkoop, verhandel of verhuur nie. Sien asseblief ons Skenkerprivaatheidsbeleid vir volledige besonderhede.

Is my donasies belastingaftrekbaar?

Sommige donasies aan die Wikimedia Foundation kan baatvind by belastingaftrekbaarstatus. Besoek asseblief ons belastingaftrekbaarheid-bladsy om meer te wete te kom.

Wat is jou terugbetalingsbeleid?

As jy om enige rede jou skenking wil terughê, kontak ons asseblief per e-pos by donate@wikimedia.org[1] en sluit die volgende inligting in:

  • Volledige naam van skenker
  • Datum van skenking – Alle terugbetalingsversoeke moet binne 90 dae van skenking gemaak word
  • Bedrag geskenk
  • Betalingsmetode gebruik – Moenie kredietkaartnommers by jou e-pos insluit nie
  • Land van oorsprong
  • Rede vir die terugbetaling

Alle terugbetalings sal so vinnig as moontlik verwerk word, maar verwerkingstye kan verskil na gelang van die betaalmetode. Let asseblief daarop: Sommige betaalmetodes sal dalk nie terugbetalings ondersteun nie of vereis dat terugbetalings gemaak word deur die betaalmetode (kaart) wat gebruik word, wat bykomende inligting vra om jou terugbetaling te verwerk.

Hoekom sien ek fondsinsamelingsbaniere op Wikipedia al het ek reeds onlangs geskenk?

Skenkingsbaniere is ontwerp om aan skenkers te wys wat webkoekies op hul blaaier geaktiveer het, en om te versteek nadat die banier ’n paar keer gewys is of na ’n skenking. Om weg te steek, hang egter af van ’n koekie wat ons in die blaaier plaas. Banierversteking sal nie werk as jy jou blaaier se kas uitvee, koekies uitvee of blaaiers of rekenaars verander nie.

Daar is verskeie opsies vir jou beskikbaar om die fondsinsamelingsbaniere in die toekoms te versteek:

  • As jy die X- of Sluit-knoppie op ’n banier klik, sal dit vir een week versteek word. Neem asseblief kennis dat hierdie gedrag nie van toepassing is op die eerste banier wat jy sien nie, maar elke banier daarna.
  • As jy terugkeer na die ”Dankie”-bladsy sal dit die koekie ’n kans gee om weer ingevoeg te word. As jy Wikipedia op verskeie toestelle lees, besoek asseblief hierdie bladsy op elkeen van hulle om die baniere te onderdruk.
  • Jy kan ook ’n rekening op Wikipedia skep – baniere word nie tipies gewys aan gebruikers wat by Wikipedia-rekeninge aanmeld nie. Meer inligting oor die skep van ’n rekening kan hier gevind word.

Hoekom het ek ’n fondsinsamelings-e-pos ontvang al het ek reeds onlangs geskenk?

As jy ’n e-pos vir fondsinsameling ontvang het, alhoewel jy onlangs geskenk het, is dit gewoonlik vir een van verskeie redes:

  • Ons het meer as een e-posadres vir jou in ons rekords;
  • Jy het binne ’n dag geskenk voordat ons e-posse gestuur is: Die skandering wat ons gebruik om onlangse skenkers uit te filter, kan nie skenkings opspoor wat die dag voor die e-pos gestuur is nie;
  • Jy het geskenk deur óf ’n metode wat stadiger is om ons stelsel te bereik, soos ’n tjek of ’n bankoorplasing, óf ’n metode wat ons kollektief ontvang (sonder jou e-posadres), soos PayPal Giving Fund, Amazon Smile of Humble Bundle.

As jy ’n e-posadres wil kanselleer, kan jy die kanselleer-skakel onderaan die e-pos vir fondsinsameling klik, of ’n kanselleringsversoek stuur na donate@wikimedia.org.[1] Ons stuur gewoonlik fondsinsamelings-e-posse ongeveer ’n jaar na jou mees onlangse skenking. Ons stuur ’n baie lae aantal e-posse aan skenkers, relatief tot ander niewinsgewende organisasies. As jy skenk in reaksie op ’n fondsinsamelings-e-pos, sal ons nie weer e-posse oor skenkingsversoeke aan jou stuur tot ongeveer dieselfde tyd die volgende jaar nie.

Waarom is daar geen advertensies op Wikipedia nie?

Ons oorweeg nie advertensies as ’n bron van inkomste nie. Ons glo nie dat advertensies in ’n projek hoort wat gewy is aan gratis, betroubare en neutrale kennis nie. Die bekendstelling van kommersiële belange kan Wikipedia se betroubaarheid as ’n neutrale bron van inligting in gevaar stel.

Ons is nie teen aanlyn-advertensies nie, en ook nie teen ander organisasies wat advertensies aanbied nie. Ons weet net advertensies is nie gepas in ‘n projek wat aan opvoeding en kennis gewy word nie – en veral een wat na balans en neutraliteit streef.

Waar kan ek meer finansiële inligting vind?

Die Wikimedia Foundation se Jaarlikse verslag dek die vorige begrotingsjaar. Die verslag deel sommige van die stemme van die honderdduisende mense wat die Wikimedia-beweging moontlik maak.

Die Wikimedia Foundation se Jaarlikse plan beskryf ons begroting vir die huidige begrotingsjaar. Dit bevat ’n opsomming van ons strategiese doelwitte as ’n organisasie, finansiële besonderhede oor besteding en inkomste, en gedetailleerde verduidelikings en risiko-ontleding.

Wat is die Wikimedia Endowment?

Die Wikimedia Endowment is in 2016 geskep om te dien as ’n permanente bewaringsfonds om inkomste te genereer om die bedrywighede en aktiwiteite van die Wikimedia-projekte vir ewig te ondersteun. Skenkings aan die Wikimedia Endowment word in ’n aparte fonds gehou en belê om mettertyd te groei. Jy kan meer te wete kom oor die Wikimedia Endowment by wikimediaendowment.org.

Wat is die planne vir Wikimedia se toekoms? Waarheen is dit op pad?

Aan die begin van 2017 het die Wikimedia Foundation ’n wêreldwye bespreking van stapel gestuur om die toekoms van Wikipedia en die Wikimedia-beweging teen die jaar 2030 te definieer. Ons noem dit Wikimedia 2030. Deur die hele proses het ons onsself vrae gevra soos, waarheen wil ons hê moet Wikipedia, en die Wikimedia-beweging, volgende moet gaan? Watter geleenthede en uitdagings lê vir ons voor? Watter tendense in tegnologie, opvoeding, inligting en toegang sal ons toekoms vorm?

Gebaseer op hierdie bespreking en ons navorsing, verenig ons rondom ’n rigting wat ons sal help om ’n meer volhoubare, veerkragtige en betrokke beweging te bou waarby enige iemand kan aansluit wat ons visie deel. Ons sal aanpas by die veranderende tendense in tegnologie, om te verseker dat ons aan die behoeftes van ons gebruikers voldoen en voortgaan om betroubare, deursigtige en neutrale inligting te verskaf. Ons sal nuwe stemme nooi om by ons aan te sluit en te verseker dat enigiemand wat kennis op Wikipedia en die Wikimedia-webwerwe wil deel, dit kan doen. En ons sal pleit vir die beleide en waardes wat Wikipedia en sy susterwebwerwe toegelaat het om te floreer. Hierdie rigting vra ons om dapper te wees en in die toekoms te eksperimenteer, soos ons in die verlede gedoen het, en dit bly gewortel in ons missie van vrye kennis vir almal.

Om meer te lees oor Wikimedia 2030 en die rigting vir ons toekoms, besoek asseblief 2030.wikimedia.org.

Hoe kan ek by Wikimedia deelneem?

Eerstens, dankie vir jou belangstelling om Wikipedia te ondersteun! Ons verstaan dat nie almal sal kan skenk nie, en dit is in orde. Wikipedia sal altyd gratis vir almal wees, en daar is verskeie maniere waarop jy tot Wikipedia kan bydra as om net ’n skenking te maak.

  • Jy kan Wikipedia lees en gebruik as jou bron van betroubare inligting oor meer as 300 tale.
  • Jy kan ’n wysiging op Wikipedia maak – as jy’n fout op ’n artikel wil regstel of ’n aanhaling by ’n betroubare bron wil voeg, doen dit asseblief! Hierdie gids help jou om met jou eerste wysiging te begin.
  • Is jy ’n fotograaf? Oorweeg dit om jou foto’s te deel sodat enigiemand dit kan hergebruik op Wikimedia Commons, wat baie van die beelde wat jy op Wikipedia-artikels sien, aandryf. Kom meer te wete oor hoe om foto’s op te laai, deur hier te klik.
  • Jy kan Wikipedia en Wikimedia op sosiale media volg en stories deel wat vir jou betekenisvol is. Gaan kyk na @Wikimedia op Twitter, Facebook, en Instagram en @Wikipedia op Twitter, Facebook, en Instagram.
  • Is jy ’n ontwikkelaar? Jy kan kode bydrae tot Wikipedia en die Wikimedia-webwerwe. Hierdie gids vir nuwe ontwikkelaars is ’n nuttige plek om by te begin.

Hoe kan ek die Wikimedia Foundation kontak?

As jy enige vrae of kommernisse het, kontak ons gerus. Vir donasievrae, e-pos asseblief donate@wikimedia.org.[1]

  1. 1.0 1.1 1.2 1.3 As gevolg van die volume van navrae wat ons ontvang, gebruik ons Zendesk as ’n skenker terugvoer platform. Deur donate@wikimedia.org te e-pos, verstaan jy dat jou inligting deur die Zendesk Group verwerk sal word, in ooreenstemming met Zendesk se bepalings. Gebruikers van die volgende lande moet Afdeling A van Zendesk se privaatheidsbeleid konsulteer vir meer inligting oor Zendesk se landspesifieke-praktyke: Australië, Brasilië, Kanada, Japan, Nieu-Seeland en Singapoer.