Template:Appeal/Isaac/af

From Donate
Jump to navigation Jump to search

Van Wikipedia redigeerder Isaac Kosgei

Kennis is vir almal, selfs diegene sonder Internet toegang. Vandag het meeste skole in Kenya rekenaars. Maar baie het nog geen Internet toegang nie, veral in die mees verafgeleë streke van my land.

As 'n Wikipedia vrywilliger, is my grootste bydrae om die aflyn weergawe van Wikipedia te versprei. Hierdie is 'n slegs-teks weergawe van Wikipedia wat sonder 'n Internetkonneksie gebruik kan word.

Ek en my vriende besoek skole oral in Kenya per bus en taxi, met CDs, USB-geheue, 'n skootrekenaar en projektor.

Ons installeer Wikipedia op die skool se rekenaars en wys vir die onderwysers hoe die projek werk. Ons gee dan vir die hele skool 'n demonstrasie met die projektor, en gee 'n lesing oor die belang van Wikipedia.

Die onderwysers sê dat die projek die lewens van duisende skoolkinders verander het, en dat dit opvoeding in Kenya gerevolusionariseer het. Die studente is altyd so opgewonde, en bedank ons baie vir wat ons gedoen het.

Danksy Wikipedia—en 'n paar lang, stowwerige bustogte—het 'n hele geslag studente nou toegang tot die wêreld se grootste ensiklopedie. Vir my is dit die beste ding wat nog ooit gebeur het.

As jy aan Wikipedia skenk, verander jy die wêreld. Heelhartig dankie.

Isaac Kosgei
Besigheidstudent en Wikipedia vrywilliger.