Kanseleer of verander herhalende skenking

From Donate
Jump to navigation Jump to search

Kanseleer of verander herhalende skenking

Ons waardeer jou bydrae aan die Wikimedia Foundation en die ondersteuning van gratis kennis. Ons weet dat omstandighede soms kan verander en dat dit nie moontlik is om met ’n herhalende bydrae voort te gaan nie. Om jou intekening te kanselleer of te verander, volg asseblief die instruksies hier onder. Moet asseblief nie jou kredietkaartnommer of ander finansiële inligting insluit wanneer jy ons kontak nie.

Om jou herhalende donasies te kanselleer of te verander, stuur asseblief ’n e-pos na donate@wikimedia.org en sluit die volgende daarby in:

  • die soort verandering wat jy aan jou donasie wil maak;
  • die e-posadres wat gebruik is toe die donasie gemaak is;
  • die volle naam wat gebruik is; en
  • die bedrag en geldeenheid van die donasie.

Jy sal ’n e-posbevestiging ontvang wanneer die verandering aangebring is. Moet asseblief nie jou kredietkaartnommer of ander finansiële inligting insluit wanneer jy ons kontak nie.

Let wel: As jy deur middel van ’n krediet-/debietkaart skenk, sal kredietkaartverwerkers ons in sommige gevalle in kennis stel wanneer kaartbesonderhede bygewerk word (insluitend vervaldatum) om te verseker dat die skenking nie onderbreek word nie. As jy vrae hieroor het, kontak asseblief jou kredietkaartverskaffer vir meer inligting.