Andere maniere om te gee

From Donate
Jump to navigation Jump to search
The printable version is no longer supported and may have rendering errors. Please update your browser bookmarks and please use the default browser print function instead.

Andere maniere om te gee

Dankie dat jy daarin belangstel om te skenk aan die Wikimedia Foundation, die nie-wins organisasie wat Wikipedia en ander vrye kennis projekte huisves.

Aanlyn geskenk

Jy kan maklik en veilig aanlyn skenk met metodes soos krediet-/debietkaart, PayPal, Apple Pay, Google Pay, Venmo, aanlyn bank oorplasings en ander metodes, afhangende van jou land. Kies asseblief jou kontinent, gevolg deur jou land, om te sien watter betaalmetodes beskikbaar is.


Maandelikse geskenk

Vind uit hoe jou maandelikse donasie Wikipedia ondersteun of maak ’n outomatiese maandelikse donasie.

’n Maandelikse donasie sal verwerk word totdat jy vir ons vra om dit te kanselleer.

Bankoorplasing

Ons aanvaar ’n reeks geldeenhede, en Citibank sal jou geldeenheid in USD of EUR omskakel.

Vir binnelandse en internasionale oordragte in USD, is ons slegs deposito-rekening
Bank: Citibank
Adres: 99 Post St, San Francisco, CA 94104
ABA-/ACH-nommer: 321171184
Internasionale bankkode: CITIUS33
Rekeningnommer: 203129580
Foon: (415) 817-9113
Om in £ GBP te skenk
Rekeningnommer: 18797250
Rekeningtitel: WIKIMEDIA FOUNDATION INC
Geldeenheid: GBP
IBAN: GB33CITI18500818797250
Internasionale bankkode: CITIGB2L
Takkode: 185008
Om in € EUR te skenk
Rekeningnommer: 18796270
Rekeningtitel: WIKIMEDIA FOUNDATION INC
Geldeenheid: EUR
IBAN: GB12CITI18500818796270
Internasionale bankkode: CITIGB2L
Takkode: 185008
Die € EUR-rekening voldoen aan SEPA.

Neem asseblief kennis dat ons nie outomaties die ontvangs van bankoorplasingskenkings kan bevestig nie, so behou asseblief ’n bevestiging van die oordrag van jou bank. As jy ’n kwitansie wil ontvang, stel ons voor dat jy jou bank kontak om ’n oorplasing deur Bill Pay (VSA) te maak, of om deur ’n ander metode te skenk.

Die Foundation vra nie ’n oordragfooi vir donasies nie, maar jou plaaslike bank sal dalk een vra. Ons beveel sterk aan om met jou bank na te gaan voordat jy ’n oorplasing begin om seker te maak jy verstaan enige koste wat jy kan aangaan deur ’n skenking aan Wikimedia te maak.

Vir meer inligting, of as jy enige vrae het ten opsigte van bankoorplasings, e-pos asseblief donate@wikimedia.org.

Tjeks en poswissels (per pos)

Skenkings per tjek en poswissel word verwerk by ons sluitkas, geleë by die adres hieronder. Maak asseblief tjeks betaalbaar aan “Wikimedia Foundation, Inc.” en sluit ’n brief in met jou naam, posadres, telefoonnommer, e-posadres en skenkingsbedrag. Moet asseblief nie kontant per pos stuur nie. Let daarop dat ons tans nie tjeks van Frankryk, Italië of Spanje kan aanvaar nie.

Pos asseblief jou tjeks of poswissels na:

Wikimedia Foundation, Inc.
P.O. Box 98204
Washington, DC 20090-8204
USA

Vir groot tjeks van $10 000 en meer, e-pos asseblief benefactors@wikimedia.org om ons in kennis te stel van jou inkomende skenking.

Donor Advised Funds

Donor Advised Funds (DAF’s) laat jou toe om die gunstigste belastingvoordele te kombineer met die buigsaamheid om jou voorkeursake te ondersteun. As jy ’n toekenning aan die Wikimedia Foundation direk vanaf jou DAF wil aanbeveel, kan jy dit maklik en vinnig doen deur ons vennoot, Overflow, te kontak deur op die skakel hier onder te klik:

DAF-toekenning aan Wikimedia Foundation

Kontak ons asseblief by benefactors@wikimedia.org as jy vrae het of as jou voorkeur-DAF nie gelys is nie.

Aandeelskenking

Een van die mees belastingeffektiewe maniere om te skenk, is om aandele te skenk. Dit stel jou in staat om ons missie te ondersteun maar terselfdertyd ook op belasting te bespaar. Dit is nou via ons vennoot, Overflow, makliker en veiliger as ooit om aandele te skenk. As jy meer hieroor wil weet of om aandele te skenk, klik asseblief op die skakel hier onder.

Skenking van aandele aan die Wikimedia Foundation

Wanneer ons ’n kennisgewing ontvang dat die aandele ontvang is, sal ons ’n brief van erkenning genereer wat die getal aandele, die naam van die aandeel en die datum waarop ons dit ontvang het, insluit. As jy enige vrae het, of hulp nodig het, kontak ons asseblief by benefactors@wikimedia.org.

Skenkingsgeskenk

Die Wikimedia Endowment is ons blywende verbintenis na ’n wêreld van vrylik gedeelde kennis, nou en in ewedurigheid. As ’n fonds wat vir langtermyngroei belê word, skep dit ’n stewige finansiële grondslag vir Wikipedia en ander Wikimedia-projekte en help om hul toekoms te verseker. Vir meer inligting, besoek Wikimedia Endowment of e-pos ons by endowment@wikimedia.org.

Skenk aanlyn

Jou geskenk aan die Wikimedia Endowment sal ’n blywende voordeel bied vir toekomstige geslagte. Jy kan die skenking vandag nog reël via ons aanlyn skenkings vorm. Vir inligting oor ander maniere om aan die Endowment geld te skenk, besoek wikimediaendowment.org.


Erfenisgeskenk

Jy kan die toekoms van gratis kennis vir geslagte wat kom ondersteun deur ’n geskenk in jou testament of ander boedelplanne te maak. ’n Erfenisgeskenk kos jou nou niks nie en kan enige tyd en om enige rede verander word. Sodra dit ’n werklikheid word, sal jou geskenk by die Wikimedia Endowment gevoeg word, waar jou nalatenskap sal voortleef deur vir ewig ondersteuning aan Wikimedia-projekte te bied.

Vir meer inligting oor nalatenskap-skenkings, kontak legacy@wikimedia.org.

Geskenkparings

Geskenkparings is ’n wonderlike, maklike manier om jou donasie aan die die Wikimedia Foundation te verdubbel, en selfs te verdrievoudig.

Klik hier om te kyk of jou werkgewer jou skenking aan die Wikimedia Foundation sal herhaal. Bypassende geskenkinligting verskaf deur HEPdata.

As jy vrae het ten opsigte van jou werkgewer se bypassende geskenk, e-pos asseblief matching@wikimedia.org.

Om die stigting te nomineer of te registreer om bypassende geskenke te ontvang, verskaf asseblief die volgende kontakinligting:

Wikimedia Foundation, Inc.
P.O. Box 98204
Washington, DC 20090-8204
USA

Email: matching@wikimedia.org

Vrywilligersuur-eweknie

Baie maatskappye sal ’n werknemer se tyd wat aan vrywilligerswerk bestee word (dit sluit take in soos die redigering van Wikipedia of sy susterwebwerwe, patrollering van Wiki-bladsye vir vandaliste en bydrae tot die MediaWiki-sagteware) met ’n finansiële geskenk aan die niewinsgewende organisasie. Kom meer te wete oor die Vrywilligersuur-eweknieprogram.

As jy vrae het in verband met die Vrywilligersuur-eweknieprogram, e-pos asseblief matching@wikimedia.org

Betaalstaat-aftrekking

Sommige werkgewers in die Verenigde State en Kanada, bied ’n maklike en gerieflike manier om aan die Wikimedia Foundation deur middel van ’n betaalstaataftrekking te gee. Maak asseblief seker by jou organisasie vir beskikbaarheid en stuur enige nodige papierwerk na:

Wikimedia Foundation, Inc.
P.O. Box 98204
Washington, DC 20090-8204
USA

Gekombineerde federale veldtog

Baie federale en staatswerknemers kies om aan die Wikimedia Foundation te gee via die Combined Federal Campaign (CFC), ’n werksplek-program wat skenkings hanteer. As jy die Wikimedia Foundation wil gee as deel van die Educate America! CFC, kontak asseblief jou menslikehulpbronafdeling vir instruksies om te skenk.

Ons CFC-nommer is 61478.

Vir enige vrae, kontak asseblief donate@wikimedia.org.